Proizvod vam ne odgovara? Nema veze! Proizvode možete vratiti do 30 dana
S poklon bonom ne možete pogriješiti. Za poklon bon primatelj može odabrati bilo što iz naše ponude.
Do 30 dana za povrat
Hierdie gedigte van Nettie Hanse is almal ingebed in persoonlike belewing. Die liefdesgedigte is intiem en beeld verhoudings uit wat deur liefde tot stand kom, soms verbrokkel en soms weer herstel word. Daar word gedig oor dierbare vriendskapsverhoudings, oor persoonlike geloofsoortuigings, maar ook oor die natuur. Die onmiddellike en nare gevolge van die COVID pandemie kry ook 'n beurt en selfs die pynappelbier. Ook gewone dinge soos gordyne, 'n plat beursie en blare in die straat word onder haar hand gediggies.