Proizvod vam ne odgovara? Nema veze! Proizvode možete vratiti do 30 dana
S poklon bonom ne možete pogriješiti. Za poklon bon primatelj može odabrati bilo što iz naše ponude.
Do 30 dana za povrat
Na 'n lang loopbaan in die onderwys, neem Piet Malherbe se lewe 'n
onverwagse wending. Omstandighede dwing hom om ontslag te neem en
sy eie onderneming te begin. Hy word die stigter en organiseerder van die
CUPS-gemeenskapsprojek, waar talle straatlopers daagliks van die
nodige lewensmiddele en kos voorsien word. Een van hierdie straatlopers
is Jan Flenters. Deur 'n besondere samevloei van omstandighede raak
Piet Malherbe en Jan Flenters se lewens met mekaar verweef. Piet bly
aanhou om Jan se lewe positief te beïnvloed, selfs wanneer dit lyk asof
Jan al sy pogings in die gesig teruggooi. Sy volharding en passie is
merkwaardig. Aan die een kant mag sy passie 'n kompensasie wees vir
die leemtes wat hy in sy eie familieverhoudings ervaar, terwyl dit aan die
ander kant dalk opgekropte skuldgevoelens uit die verlede is wat aan
hom knaag. Wanneer hy uiteindelik die band met Jan verbreek, begin sy
eie innerlike genesingsproses. Dit is die begin van sy persoonlike verhaal
van genesing, waarin hy die seer en pyn wat hy jare lank met hom
saamgedra het, oorkom. Piet Malherbe se verhaal is 'n universele verhaal
van struikelinge en oorwinning, van hoogtepunte en laagtepunte. Dit is 'n
verhaal waarmee baie van ons kan identifiseer, want dit is ook ons eie
verhaal.
Dobar dan! Ja sam Libroamiko, vaš književni savjetnik.
Kako vam mogu pomoći?